Voortrekker Nagmars Inskrywings

Inskrywings vir die 2020 interaktiewe Voortrekker Nagmars is oop.

Die nagmars het geëndig.

Om met die nagmars te kan begin, maak seker dat u aangeteken is, en die kaartjie gekoop het.

Die proses om in te skryf, is soos volg:

  1. Skep ‘n rekening vir uself – Skep Rekening. Hierdie rekening bied toegang tot die Nagmars. Hierdie rekening is heeltemal gratis. Na die registrasie word ‘n e-pos gestuur om u rekening te bevestig.
  2. Die Nagmars inskrywing word verkoop as ‘n produk op die webwerf – Inskrywing. Die inskrywing kos R45. Kliek op die “Add to Cart”, en volg die “Checkout”. Betalings gebeur deur PayFast.
  3. Na betaling gemaak is, word u rekening gemerk om toegang te gee wanneer die Nagmars oopmaak (hierdie gebeur dadelik) – u sal op u “My Account” bladsy ‘n nota vind waar die skakel na die nagmars sal wees. Elke keer wat u aanteken, sal u direk na u “My Account” bladsy gaan. U sal ook ‘n e-pos ontvang wat die skakel bevat vir die nagmars.

Wanneer die Nagmars oopgemaak word om 18:30 op Donderdag 24 September, sal u 48 uur hê om die nagmars te voltooi. Inskrywings kan selfs nog Saterdag gekoop word. Die nagmars is gemaak met Videos en bevat selfs vrae. In die videos kan die kwaliteit verstel word, om byvoorbeeld minder data te gebruik. ons stel wel voor dat goeie en stabiele internet gebruik word.

Neem asseblief kennis dat u nie u rekening se besonderhede met ander mense mag deel nie. Ons het stelsels in plek wat sorg dat ’n rekening net 1 keer gebruik word.