Voortrekker Nagmars 2020

R45.00

Die Voortrekker Nagmars van 2020 kan nie in-persoon geskied nie, as gevolg van Covid-19. Om dit nogsteeds te kan hou, het Magaliespoort Voortrekker Kommando as deel van Oord Pretoria Noord besluit om ’n Virtuele Nagmars te hou. Hierdie produk is die inskrywingkaartjie.

SKU: vtm_nagmars_level Category:

Description

Wat bied die Nagmars?

Deur hierdie kaartjie te koop, sal u toegang verkry tot die Nagmars, wanneer dit beskikbaar is.

Die Nagmars sal op die DT Produksies webwerf gelaai wees, en sluit in videos, vrae en veelvuldigekeusevrae. Dit beloof om ’n lekker en interessante ervaring te wees.

Die nagmars sal vir 48 uur beskikbaar wees, om vir u voldoende geleentheid te bied om die nagmars te voltooi. Na die 48 uur sal die toegang gestaak word. Die nagmars is Donderdag 24 September vanaf 18:30 tot Maandag 28 September 2020.

Die nagmars het geëndig.

Die nagmars se skakel sal hier verskyn op 15 Augustus teen 18:30 vir almal wat ingeskryf is vir die nagmars. U is nog nie ingeskryf nie, koop hierdie kaartjie om in te skryf. Vanaf 18:00 op 15 Augustus sal die bladsy begin aftel om die skakel te wys.